Sonskyn in ’n bottel
January 23, 2012
Tags: light, design, eco-friendly, led
Consol-glas het met ’n vindingryke plan vorendag gekom om sonlig te bottel. Die Consol Solar Jar is ’n alternatiewe ligbron wat sonkragpanele en LED-ligte gebruik.
Hierdie oulike volhoubare glaslamp berg energie gedurende die dag en stel die lig vry wanneer die son sak. As dit eers gelaai is, word die lig vir tot ses uur lank vrygestel voor dit weer deur die son gelaai moet word.Die dekselknip dien as ’n skakelaar wat die kragtoevoer beheer sodat nie ’n enkele straal energie vermors word nie.
Die Consol Solar Jar is ideaal vir buitebeligting of wanneer jy gaan kamp, en sal waarskynlik handig te pas kom wanneer Eskom weer met beurtkrag begin.
Die flesse is teen R120 elk te koop by Consol se takke in Woodmead (Johannesburg) en Stellenbosch.
Meer inligting: www.consol.co.za
Other articles that may interest you
0 Comments
There are currently no comments for this item.
Add a comment
Please sign in below or register in order to make a comment.















