0
/files/gallery/1755/13705_original_558x373.jpg
Soek die bloedrooi trekker.
’n Antieke trekker buite die Piggly Wiggly Company in Leeurivier. Dit is die nieamptelike hoofkwartier van die Midlands Meander en ’n lekker aftrekplek met ’n restaurant, deliwinkels en ’n verskeidenheid dekor-, kuns-, en handwerkwinkeltjies.
373
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10252
1
/files/gallery/1755/13702_original_558x377.jpg
Vat dit rustig.
Dis nie net die lui toeriste en digte mis wat ’n stadiger pas noodsaak nie – die grootste deel van die Midlands bestaan uit plase, en daarom is losloper-beeste en ander diere ’n algemene gesig.
377
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10249
2
/files/gallery/1755/13707_original_558x369.jpg
Eet salig.
Skop jou skoene uit en geniet ’n eenvoudige vars maaltyd of smullekker happie by Café Bloom. Die kafee is ingerig by die Country Courtyard in Nottinghamweg waar jy ook in die luukse winkels kan rondsnuffel vir dekor en ander landelike mooigoed.
369
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10254
3
/files/gallery/1755/13701_original_558x373.jpg
Die Midmar-dam.
’n Gawe plek om al die eetgoed wat jy aangeskaf het uit te haal en ’n piekniek te geniet, maar daar is ook kampplekke en basiese chalets. Die dam is naby Howick en is bekend omdat een van die wêreld se grootste opelug-swemsaamtrekke hier aangebied word.
373
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10248
4
/files/gallery/1755/13703_original_558x377.jpg
Laat die speke sing.
Talle van die winkels langs die R103 spesialiseer in landelike dekor. Hierdie mooi geroeste speekwa pronk buite The Last Outpost, ’n klere-en-4x4-plek in Mooirivier.
377
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10250
5
/files/gallery/1755/13709_original_558x369.jpg
Things We Love.
Hierdie antiekware-en-snuisterywinkel in Nottinghamweg verkoop enigiets van aweregse versamelgoed en skilderye tot keramiekwerk en outydse lekkergoed.
369
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10256
6
/files/gallery/1755/13698_original_558x373.jpg
Liplek-lekker Italiaans.
Smulpape moet ’n draai maak by La Lampara: Dié restaurant in Balgowan is bekend vir sy ruim porsies tradisionele Italiaanse kos – van pizza en pasta tot ’n verskeidenheid spesiale geregte wat bepaal word deur die vars bestanddele in die omgewing.
373
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10245
7
/files/gallery/1755/13704_original_558x354.jpg
Stadig oor die klippe.
Nog ’n rede waarom jy jou by die Midlands se ‘slow’-beweging moet aansluit, is die verskeidenheid plaasvoertuie wat jy op die paaie sal raakloop. Ry stadig – dit gee jou kans om die skouspelagtige omgewing in te drink.
354
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10251
8
/files/gallery/1755/13699_original_558x360.jpg
Zulu Lulu.
Hierdie ronde potte wat deel vorm van die versameling in die Zulu Lulu Ceramic Boutique by Piggly Wiggly is deur tradisionele bierpotte (ukhamba) geïnspireer. Elkeen het ’n unieke patroon omdat dit invididueel in ’n rookvuur-put gebak word.
360
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10246
9
/files/gallery/1755/13700_original_558x373.jpg
Howick-waterval.
Volgens die plaaslike legende woon inkanyamba, ’n groot slangagtige gedierte met die kop van ’n perd, in die waterpoel net onder die Howick-waterval. As die weer mooi is, kan jy gerus die afdraaipad vat en jou bene gaan rek.
373
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10247
10
/files/gallery/1755/13708_original_558x369.jpg
The Ugly Duckling.
As jy hou van dekor, klere en meubels van Bali en Indië, móét jy inloer by dié winkel in Nottinghamweg. Jy sou waarskynlik baie daarvan al raakgeloop het, maar dit is nogtans ’n prettige plek om ’n blaaskans te neem. Die kat is ongelukkig nie te koop nie.
369
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10255
11
/files/gallery/1755/13706_original_558x369.jpg
Sonsaktyd.
Die visuele sensorium eindig nie by die horison nie: Hoewel die son alte lieflik sak in dié landskap, is daar ook die naghemel wat oorloop van die helderste sterre.
369
http://www.visi.co.za/article/index/tags/gallery_image_id/10253
WOORDE & FOTO’S: Lisa Johnston
Read in English.
Lisa Johnston het haar kamera en notaboek saamgevat op ’n uitstappie na die skilderagtige en kunstige Midlands Meander.
KwaZulu-Natal se Midlands Meander het al berge versit sedert die roete in 1985 gestig is. Wat begin het as ’n kaart, sommer op bruinpapier gedruk, waarmee sewe kunstenaars hulle kuns wou bemark, is vandag een van die land se gewildste toerismebestemmings.
Dié eens slapende toerismeroete, wat strek van Pietermaritzburg in die ooste en die uKhahlamba-Drakensberg-bergreeks in die weste, is steeds die ene landelike sjarme, maar spog nou met 210 amptelike lede wat wissel van kunstenaarsateljees en restaurante tot verblyfplekke en amper enigiets tussenin. Al dié dinge maak ’n rustige reis deur die plaaslandskap aansienlik aanlokliker as die woelige N3 wanneer jy die slag tussen Johannesburg en Durban moet reis.
Besoek www.midlandsmeander.co.za vir meer inligting oor die Midlands Meander.
Kontakte
Piggly Wiggly Country Village www.pigglywiggly.co.za, info@pigglywiggly.co.za, +27 33 234 2911
Café Bloom +27 33 266 6118
Country Courtyard +27 33 266 6359
Things We Love thingswelove@bundunet.com, +27 82 929 7667
La Lampara lampara@mweb.co.za, +27 33 234 4225
Zulu Lulu Ceramic Boutique www.zulululutrading.co.za, stuart@zlt.co.za, +27 83 627 3491
The Ugly Duckling www.theuglyduckling.co.za, +27 33 267 7263
Other articles that may interest you
0 Comments
There are currently no comments for this item.
Add a comment
Please sign in below or register in order to make a comment.