0 Comments

Wen: Eet in style

WOORDE Nadine Botha FOTO’S Jan Ras


Read in English

Goeie Rede 25 om gaande te wees oor die vakansieseisoen: Jy het nie tafeldoeke nodig nie!

The Tasting Room by Le Quartier Français in Franschhoek pronk in waagmoedige nuwe vere – sonder enige tafeldoeke, en met Paryse lekkergoed-foelie as muurpapier, 2 000 balle wat hang aan ’n reusagtige vierkantige daklig en die silhoeët van die Franschhoekse berge wat met 7 km kleurvolle tou herskep is.

Die nuwe voorkoms is die handwerk van die Nederlandse ontwerper Herbert Janse, broer van die uitvoerende sjef, Margot Janse. Volgens Margot was dit fantasties om saam met haar broer te werk: “Herbert is van kleins af reeds my mentor. Hy het my na museums en teaters toe gevat en geleer om te kyk en te síén. Op kreatiewe vlak volg ons dieselfde benadering.”

Ons het Herbert uitgevra oor hoe hy sy suster se skeppende visie verwesenlik het.

Herbert: Die opdrag was ’n kontemporêre regrukprojek, ’n minder stywe tafel-en-stoele-gedoente; sober maar opwindend.

Hoe baie van die oorspronklike restaurant en sy inhoud het in die een of ander vorm behoue gebly?

Die oorspronklike inhoud is soortgelyk, maar nou is dit ’n restaurant wat voldoen aan Margot se behoefte om gedurig innoverend te wees. ’n Groot verandering is die ekstra ruimte wat bygevoeg is. Ons het ook die gietyster-heinings uitgehaal wat eens op ’n tyd The Tasting Room in ’n groot, oop gedeelte en ’n kleiner intieme ruimte verdeel het. ’n Groot 3 m-lange tafel vul dié gaping.

Hoe kom jou agtergrond as teaterontwerper na vore in die ontwerp?

’n Vars laag verf en nuwe muurpapier is nie genoeg om ’n fynproewerservaring van omtrent vier uur lank vas te vang nie. Die naam The Tasting Room sê alles: Dit gaan in die eerste plek hier oor die sintuie – smaak, reuk, visie en klank – maar ook balans, versnelling, temperatuur en tyd. Ek het ’n ietwat ietwat surrealistiese weerspieëling hiervan reggekry.

Le Quartier Français www.lqf.co.za

Omdat Le Quartier Français reeds maande voor die tyd volbespreek is, het hulle vir ons ’n middagete-bewys vir twee by hul susterrestaurant, die Bread & Wine Vineyard Restaurant, as geskenk gegee. Om vir die prys in aanmerking te kom moet jy hierdie kompetisieskakel óf op jou Facebook-blad plaas, of twiet (met @visi_mag #endlesssummer) of op Pinterest merk (met “@VISI magazine”). Jy moet ons daaroor inlig in die kommentaar hieronder om in aanmerking te kom. Die sluitingsdatum is middernag op Maandag 31 Desember 2012.

Lees die volledige lys met 30 Goeie Redes om gaande te wees oor die vakansieseisoen in die Endless Summer-uitgawe van VISI en kyk watter ander redes ook te wen is.

Print

Other articles that may interest you

0 Comments

There are currently no comments for this item.

Add a comment

Please sign in below or register in order to make a comment.

    Forgotton password?
    Click the above link to reset your password.
    EXPLORE VISI.CO.ZA