0 Comments

Grootskaalse kuns

FOTO’S Micky Hoyle WOORDE Malibongwe Tyilo en Liani van der Westhuizen


Read in English.

’n Kunsinstallasie by die Spier-wynlandgoed in die Stellenbosse wynland herinner ’n mens dat kuns nie tot galerye beperk hoef te wees nie. Dié grootskaalse werk deur Marco Cianfanelli bestaan uit ’n mosaïekbeeld op nege hoë panele wat kuns tot argitektuur verhef. Dit verleen ook ’n funksionele kwaliteit aan die werk en nooi toeskouers om hulleself as’t ware in die kunswerk te werp.

“The Dying Slave” deur Marco Cianfanelli is opgerig by die kruising van twee wandelpaadjies op die Spier-wynlandgoed. Net soos Marco se veelgeprese Madiba-installasie bestaan dié werk ook uit verskillende panele wat saam ’n prentjie vorm.

Marco het sy grootskaalse beeld gegrond op Michelangelo se bekende figuur van ’n manlike slaaf in sy sterwensoomblikke. Hy het ’n foto gebruik, maar die beeld digitaal geskep en in pixel-lyne verdeel wat in mosaïek herskep is deur kunstenaars van die Spier Arts Academy. Die doel met dié skool is om opleiding én werksgeleenthede in kontemporêre mosaïekwerk te verskaf.

“Ek was aanvanklik bekommerd dat die rowwe gevoel van die klipmosaïek wat gebruik word, nie sou werk om ’n gladde diditale effek te skep nie,” sê Marco. “Maar nadat ek die eerste voorbeeld gesien het wat in die ateljee geskep is, het ek besef die ryk tekstuur en die intense kleur van die glas pas perfek by die konsep.”

www.spier.co.za/thedyingslave/index.htm, spierarchitecturalarts.com

Print

Other articles that may interest you

0 Comments

There are currently no comments for this item.

Add a comment

Please sign in below or register in order to make a comment.

    Forgotton password?
    Click the above link to reset your password.
    EXPLORE VISI.CO.ZA